WELKOM
BY BEGROND

Christelik | Gemeenskap | Navorsing

Begrond is ‘n Christelike navorsingsinstuut wat die Afrikaanse taal en Afrikanerkultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

wat ons doen is:

Geloofwaardig
Jou bron van betroubare inligting gebaseer op die Bybel

Aktueel
Ons help jou om moeilike gemeenskapskwessies op ‘n verantwoordelike manier aan te pak

Beginselvas
Die Bybel as die geskrewe Woord van God gee tydsgerigte antwoorde op vandag se uitdagende vrae

“Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk. Volgens die genade deur God aan my gegee, het ek soos ʼn bedrewe bouer ʼn fondament  gelê, en ʼn ander bou daarop. Elkeen moet egter let op hoe hy daarop bou. Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat reeds gelê is nie – dit is Jesus Christus. 

1 Kor. 3: 9 – 11

Wie is Ons?

Begrond het ontstaan weens ‘n spesifieke behoefte om huidige samelewing vraagstukke vanuit ‘n Bybelse hoek aan te spreek. In antwoord op hierdie behoefte is die Instituut vir Christelike Grondslagstudies gestig. Hierdie Instituut staan kortweg as “Begrond” bekend.

As ‘n Christelike Instituut fokus Begrond daarop om deur ontginning van Bybelse denke riglyne te bied om die samelewing op ‘n Christelike fondament uit te bou en te versterk.

nuttige hulpbronne

Photo by Ben White on Unsplash 332 x 236

oordenkings

Begrond Instituut oordenkings bied geestelike pitkos oor huidige huidige samelewingsvrae vanuit ‘n Bybelse persprektief.

artikels

Huidige samelewingvraagstukke word vanuit ʼn Bybelse hoek aangepak en aangebied op ʼn manier wat dit vir die hele samelewing verstaanbaar maak.

Boekbesprekings

Die boekbesprekings bied ‘n begronde perspektief op die publikasies onder die loep.

Grondlyn Rubriek

Koerania is ‘n trots Afrikaanse gemeenskapskoerant vir Orania wat inlig, vermaak en opvoed. Orania se geskiedkundige, aktuele- en inwonerstories word vertel.

Vryspraak. ‘n Podsending wat Christelike lewenswaardes koppel aan Afrikanervryheid.
In vennootskap met die Vryheidstigting en die Begrond Instituut, ondersoek ons hoe ware vryheid in
ons persoonlike lewens en gemeenskappe gerealiseer kan word. Vryspraak: Dis die klank van vryheid.

In ‘n wêreld wat vinnig verander, bly die lesse van die verlede ons riglyn vir die toekoms.
Neem uit die verlede wat goed en edel is, bou daarop ‘n toekoms vol hoop en visie.
Neem uit die verlede – ‘n reis deur ons geskiedenis, ons erfenis.

Ons Projekte

Begrond se projekte is daarop gefokus om die gemeenskap op te bou deur navorsing wat op Christelike beginsels gebaseer is. Daar is verskeie kursusse en seminare wat gemeenskapskwessies vanuit ʼn Bybelse perspektief aanpak. Verskillende publikasies en meningstukke verskyn deurlopend. Hou die Begrond-webblad dop vir die jongste vrystellings en projekte.

TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF!

Bly op hoogte van Begrond se nuutste artikels, podsendings en projekte
deur in te teken op ons nuusbrief!

Vul gerus jou e-pos adres hieronder in.

Volg ons op Facebook en Youtube