ons projekte

Begrond se projekte fokus op die handhawing van ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing in die Afrikaanse gemeenskap. Verskeie medewerkers wat vakkundiges is op die gebied van teologie en filosofiese etiek voeg waarde toe aan Begrond se projekte.

seminare

Begrond bied seminare aan wat Christelike wetenskapsbeoefening bevorder en ʼn Skriftuurlike kultuurbeskouing ontwikkeling. 

Photo by Dylan Gillis on Unsplash_332x236

Pleingesprek

‘n Gespreksforum wat filosofiese gesprekke wat die Afrikaner se toekoms raak fasiliteer om mekaar se denke te slyp en verder te stimuleer. 

publikasies

Begrond se publikasies is van hoogstaande gehalte onder leiding van  dr. Wikus Buys. Hy spesialiseer in gemeenskapsdenke vanuit ’n Christelik-filosofiese benadering.

Begrond se projekte fokus op die handhawing van ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing in die Afrikaanse gemeenskap. Verskeie medewerkers wat vakkundiges is op die gebied van teologie en filosofiese etiek voeg waarde toe aan Begrond se projekte.

Die Christen en sy werk

In die jaar 2021 skop Begrond af met ʼn eerste publikasie genaamd “Die Christen en sy werk”. Hierdie publikasie sal tematies die onderwerp van die Christen in die werkplek, die Christen se werksbeskouing en ander kwessies tussen die Christen en werk hanteer.  Dit vorm ook deel van die omvattende Werkherstelprogram wat onlangs deur die Solidariteit Beweging aangekondig is.

Bougrond

Begrond het onlangs ʼn studiehulpbron bekendgestel. “Bou Grond” is ʼn publikasie wat ʼn inleiding tot Christelike denke aan jongmense bied. Hierdie publikasie is in Februarie 2021 vrygestel.