WIE IS ONS?

Begrond - die rede vir ons ontstaan:

Begrond het ontstaan weens ʼn spesifieke behoefte om huidige samelewingvraagstukke vanuit ʼn Bybelse hoek aan te pak. In antwoord op hierdie behoefte is die Instituut vir Christelike Grondslagstudies gestig. Hierdie instituut staan kortweg as “Begrond” bekend.

Begrond wil as ʼn Christelike Instituut daarop fokus om deur ontginning van Bybelse denke riglyne te bied om die samelewing op ʼn Christelike fondament uit te bou en te versterk.

Ons breë mandaat is volgende punte:

  • Handhawing van ʼn Christelike lewens- en wêreldbeskouing in die Afrikaanse gemeenskap 
  • Uitbreiding en ondersteuning van Christelike onderwys
  • Bevordering en toepassing van Christelike wetenskapsbeoefening
  • Begronding van Bybelse aspekte van werk en arbeid as roeping
  • Nadenke oor al die samelewingskringe vanuit ʼn Bybelse perspektief
  • Ontwikkeling van ʼn Skriftuurlike kultuurbeskouing
  • Hantering van aktuele samelewingsvrae

WAT GLO ONS?

Begrond het vier strategiese vertrekpunte, gegrond op die geheel van die werklikheid. Dit sluit in:​

  • Ons belydenis oor die Drie-eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees (Ontologies)
  • Ons begrip van die Mens as beeld van God en ons identiteit in Christus (Antropologies)
  • Ons lewe binne die verbond, God se band met sy skepping en die mens (Kosmologies)
  • Ons behoort aan ‘n gemeenskap waarbinne ons bestaan (Sosiologies)

Direksie

Ds. Ronald Bain

Ds. R.A. Bain - voorsitter van Begrond. Hy is predikant van die Gereformeerde Kerk Oranjerivier in Orania en het ’n lang betrokkenheid by Christelike onderwys en opleiding. Hy is ook aktief in die Afrikaanse kultuur en gemeenskapslewe betrokke en dien op verskeie direksies in die verband.

Dr. Dirk Hermann

Dr. Dirk Hermann is bestuurshoof van Solidariteit en die Solidariteit Beweging en dien op verskeie direksies Dr. Hermann is skrywer en mede-skrywer van verskeie boeke oor die Suid-Afrikaanse politiek. Hy is ʼn openbare spreker en is ʼn gereelde rubriek- en meningskrywer.

Prof. Michiel Heyns

Prof. M.F. Heyns is viserektor (akademie) by Aros, ’n Christelike hoër onderwys instelling in Pretoria wat onderwysers oplei. Hy was vroeër verbind aan die NWU se Skool vir Filosofie en spesialiseer op kultuurkritiek vanuit ’n reformatories-Christelike perspektief.

Werner human

Werner Human is die operasionele hoof van die Solidariteit Beweging. Hy is ’n toegelate prokureur en is op verskeie wyses betrokke by die uitbou van onderwysintellings en gemeenskappe.

Dr. Wikus Buys

Dr. Wikus Buys is predikant van die Gereformeerde Kerk Innesdal. Hy spesialiseer in gemeenskapsdenke vanuit ’n Christelik filosofiese benadering. Hy is tans besig met teologies-filosofiese navorsing oor werk en arbeidskwessies en konstentreer op die onderskeid tussen verbond en kontrak in die huidige samelewing soos dit navore kom in sosio-politieke en ekonomiese aangeleenthede.