Erfstad

Erfstad (2024): Ruimte en Plek vir die Vierde Afrikaner – Kultuurhistoriese, Filosofiese en Teologiese Aspekte van die Afrikaner se Ruimtelike Kultuur is ‘n diepgaande en stimulerende studie wat die hart en siel van die Afrikaner in verband bring met sy omgewing, sy plek en sy roeping. Dr. Wikus Buys het ‘n komplekse, maar broodnodige poging aangewend om die verhouding tussen die Afrikaner en sy ruimtes – die platteland, die stad, en die wye uitgestrektheid van die veld – te ondersoek en te verklaar. Hierdie studie is belangrik omdat dit die siel van die Afrikaner probeer deurgrond, met ‘n besondere fokus op hoe ruimtelike kultuur gevorm en beïnvloed is deur die geskiedenis en geloof van die volk.

Die boek raak aan die diepgewortelde begeerte van die Afrikaner vir die plaaslewe, wat as edel, suiwer en vry beskou word, in teenstelling met die stad wat gesien word as ‘n oord van boosheid en verval. Hierdie spanning tussen die landelike en die stedelike is nie net ‘n praktiese kwessie van voorkeur nie, maar het ‘n dieper, byna teologiese dimensie wat die Afrikaner se verhouding met sy geskiedenis, sy kultuur en sy roeping op hierdie vasteland reflekteer. Buys daag die leser uit om verder te dink as nostalgie en vra of daar dalk nuwe moontlikhede is vir die Afrikaner, nie net in die landelike ruimtes nie, maar ook in stede wat deur die volk self gebou en gevorm is – stede wat die Afrikaner se kultuur en roeping weerspieël.

Kyk en luister gerus na die onderstaande opnames oor die inhoud van die boek self verduidelik en verklaar deur dr. Wikus Buys.

Foto: Stedelike ontwerp van Orania