Die Christen en sy werk

In 2021 het die Begrond Instituut ‘n eerste publikasie saamgestel genaamd “Die Christen en sy werk”. Hierdie publikasie spreek tematies die onderwerp van die Christen in die werkplek, die Christen se werksbeskouing en ander kwessies tussen die Christen en werk hanteer.

“Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie”.

Die tema van werk is vandag steeds vir mense ‘n gewigtige kwessie.  Heelparty mense rig hul ganse lewens rondom hul werk in.  Die dorpe waar hul woon, skole waar hul kinders onderrig ontvang, toekomsplanne wat hul maak en selfs vriende wat hulle kies word geweldig beïnvloed deur hul werk. 

Vir die Christen het werk buiten vir hierdie meer oppervlakkige fokusareas ook verskeie dieper betekenisse.  Wat is die verband tussen ons werk en ons identiteit?  Hoe skakel ons geloof en ons werk by mekaar in? Hoe dink ‘n Christen oor rus, kompetisie, en werksverslawing? Christene worstel ook baie met die saak om hulle geloof in verband te bring met die verpligtinge en praktyke by die werkplek. Sake soos hoe om ’n moeilike werkgewer te hanteer, of hoe om as bestuurder werklik Christelik op te tree?

Onder redaksie van Wikus Buys en Paul Maritz word die besondere band tussen die Christen en sy werk behandel. Vyftien verskillende skrywers ondersoek die tema. Elk met ’n unieke fokusarea wat spruit uit hul daaglikse aktiwiteite en werksaamhede.

Hulle ondersoek die kwessies van werk en watter lesse uit die Bybel geput kan word. Die boek sal beslis stof tot nadenke bevat, maar ook praktiese riglyne oor hoe om as Christen jou werk en die wêreld van werk te benader.

Skrywers: Wikus Buys, Rikus Fick, Pierre Muller, Dirk Hermann, Paul Maritz, Marisa Engelbrecht, Hannes Noëth, Ronald Bain, Alwyn Swanepoel, Michael Heyns, Henk Stoker, Gideon du Plessis, Victor E. d’Assonville, Lourens Venter, Flip Buys

‘n Beperkte oplaag van die boek is nou beskikbaar aan die publiek teen R190.

Stuur ‘n epos aan admin@begrondinstituut.co.za om jou kopie te bestel.

Foto: Voorblad ontwerp: Hannelie du Preez