In hierdie episode ondersoek ons die rol van godsdiens in die Parlement saam met dr. Pieter Mulder. Ons begin deur te vra hoe kerk en geloof steeds deel vorm van parlementêre praktyke in Suid-Afrika, en bespreek die tradisie om elke parlementêre dag met ’n gebed te open. Maar aanvaar alle parlementslede hierdie gebruik? Dr. Mulder bied ook ’n interessante vergelyking met die Amerikaanse Kongres, waar die skeiding tussen kerk en staat sterk beklemtoon word, maar waar gebed steeds ‘n rol speel. Ons kyk terug na die geskiedenis van die ou Boererepublieke en hoe hulle raadsittings geopen is, en vra of daar ooreenkomste is met vandag se praktyke in Suid-Afrika.
Ten slotte bespreek ons of godsdiensverskille ooit tot konflik in die Parlement gelei het, en hoe sulke botsings hanteer word. Hierdie episode bied ’n boeiende kykie na die invloed van geloof en tradisie in die hart van politieke besluitneming en die delikate balans tussen respek vir diversiteit en die behoud van tradisie.